Skaars walvis strand, sterf by Cove Rock

m24

Skaars walvis strand, sterf by Cove Rock

Deur Marga Ley 20 Junie 2016 15:44

ccd7855008d34c53a33020327c1ab43c

Kevin Cole, hoofnatuurwetenskaplike by the Oos-Londen museum maak oogkontak met die vinwalvis. Hy het die grootste deel van Sondag by die walvis deurgebring. Foto: MARGA LEY

Die walvis wat Maandagoggend vroeg dood is nadat dit by Cove Rock, Oos-Londen, gestrand het, is ’n skaars diepsee-vinwalvis, die tweede grootste dier op aarde ná ’n blouwalvis.

Personeel van die Oos-Londen-akwarium en -museum, die stad se polisie en brandweer en bekommerde inwoners kon niks doen om die reusagtige dier te red nie.

Weens sy gewig was dit onmoontlik om hom aan sy stert of enige ander liggaamsdeel see toe te probeer trek, sê Siani Tinley, bestuurder van die akwarium. “Hy sou beserings aan sy rugstring en ander beserings opgedoen het.”

Kevin Cole, hoofnatuurwetenskaplike van die Oos-Londen-museum, het Maandag bevestig die vinwalvis is die vorige nag dood.

“Met hooggety Sondagmiddag het die reeds uitgeputte dier sy bes probeer om terug te gaan see toe, maar dit was nie suksesvol nie. Hy het toe ook begin geluide maak.”

EK BESEF DIT KAN ONWETENSKAPLIK LYK, MAAR DIE VINWALVIS IS ’N SOOGDIER SOOS ANDER SOOGDIERE WAARMEE ONS OOK PRAAT. DIT WAS IN STRES. EK HET BAIE OOGKONTAK GEMAAK EN PROBEER OM ’N BAND TE VORM.

Cole het die hele Sondag by die dier deurgebring, meestal binne die walvis se sig. Hy het baie met die dier gepraat.

“Ek besef dit kan onwetenskaplik lyk, maar die vinwalvis is ’n soogdier soos ander soogdiere waarmee ons ook praat. Dit was in stres. Ek het baie oogkontak gemaak en probeer om ’n band te vorm. Mense kan dit as laf beskou, maar ek hoop dat ek as ’n mens hom kon bystaan. Hy het laat die middag met sy laaste pogings ook begin geluide maak.”

Volgens Cole is die walvis se vel afgeskuur deur die wrywing op die sand. Só ’n groot walvis weeg sowat 40 ton.

Die water voor hom was in ’n stadium rooi gekleur van die bloed en later Sondag was daar haaie in die omgewing.

Die vinwalvis word gewoonlik nooit naby die kus gesien nie. Dit is ’n diepseewalvis waaroor daar nog relatief min navorsing gedoen is, sê Cole. “Dit is baie selde dat só ’n walvis strand.”

Die strand by Cove Rock is tydelik gesluit sodat alle moontlike inligting van die karkas gekry kan word. Vissers wat Maandagoggend reeds begin het om vleis af te sny, is gevra om die karkas met rus te laat.

Die walvis is 22 m lank, met ’n stertvin wat van punt tot punt 4,8 m wyd is en ’n dorsale vin wat 46 cm hoog is. Die vinwalvis se ouderdom en geslag is nog nie bepaal nie.

’n Blouwalvis, die grootste dier op aarde, word sowat 24 m lank.

 

Advertisements

About East London Museum Science

Conservation Biologist East London Museum South Africa
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s